Back to index

Inleidend

Equestria Village is 'n residensiële ontwikkeling spesifiek vir die senior burger wat 'n aktiewe en sosiaal veelsydige leefstyl geniet maar wat smag na minder verantwoordelikhede en die gepaardgaande las van 'n voltitel woonhuis. Die aftree-oord verskaf sekuriteit, 'n aangename omgewing, dienste en sien om na die welsyn van ons inwoners. Weelderige tuine en waterfonteine is die kenmerk van ons nuutste ontwikkeling.

Equestria Village is geleë in Equestria, Pretoria en word gekenmerk deur die ruim en gerieflike uitleg en ontwerp van die eenheid.

Met die mindere verantwoordelikhede wat die Equestria leefstyl meebring, kan inwoners nou die geleentheid benut om te reis, miskien selfs vrywillige werk te doen en om kwaliteit tyd saam met vriende en familie deur te bring. Die ontwikkelaar van Equestria Village se fokus tydens die beplanning van die aftree-oord was om die geleentheid te skep vir 'n aangename, rustige en kommerlose oudag waar onafhanklikheid en gesondheid seevier.

Doelgerigte en goedopgeleide hekwagte, asook 'n geëlektrifiseerde grensmuur verskaf gemoedsrus wat bydra tot 'n "kwaliteit lewenstyl" by Equestria Village.

 

Copyright Willow Haven 2011. SEO by